From: squatter (squatter@dds.nl)
Date: 08/10/00
bron: http://www.news24.co.za/Beeld/Randse_Beeld/0,1776,3-68_895170,00.html
voor veel meer info over m.n. landkraken in zuidelijk afrika:
http://www.mg.co.za/ (daily mail &guardian)
Beeld:
10/08/2000 00:04 - (SA)
DP wil behuisingskrisis in
Alexandra bespreek
Jo-Ann Floris
Die Demokratiese Party (DP)
in Gauteng het 'n
vergadering aangevra met me. Nomvula Mokonyane, die
LUR vir veiligheid en skakeling, om die
behuisingskrisis in Alexandra te bespreek.
Die stap kom ná herhaalde botsings tussen
veiligheidspersoneel en inwoners wat huise in die
woongebied wil beset.
Die DP is ook besig om ondersoek in te stel na die
moontlikheid om klagtes voor die Menseregtekomitee te
bring oor die wyse waarop die inwoners hanteer word.
Volgens mnr. Vincent Gore, DP- LP, is daar twee
behuisingkwessies wat dringende aandag vereis,
naamlik die gesloer met die toekenning van die huise
in die Tsutsumani Village en Verre Oos-oewer, en die
be weerde oortreding van menseregte deur lede van die
veiligheidsfirma wat raadseiendom moet oppas.
"Vir maande nou al vra die DP, by monde van raadslid
Judith Briggs, indringende vrae oor die toekenning
van huise aan die mense van Alexandra. Die reaksie
van die Gautengse behuisingsafdeling was 'n algehele
gebrek aan respek vir die inwoners," sê Gore.
"Nou het dié mense - waarskynlik die einste mense wat
voordeel moes trek uit die behuisingskema - die huise
begin beset.
"Die DP kan sulke aksies nie goedpraat nie, maar ons
kan wel die frustrasie verstaan wanneer mense sien
dat huise wat met regeringsgeld gebou word, vir
maande leeg staan."
Hy sê bewerings dat huise toegeken word aan mense van
ander areas, wie se name nie op die waglys is nie,
hits ontevredenheid aan.
******************************************************************
kraken-post@dvxs.nl <kraken-postmaillijst>
afmeldadres: kraken-post-unsubscribe@dvxs.nl
archief & informatie: http://www.dvxs.nl/skwot
kraaknieuws: http://squat.net
******************************************************************
This archive was generated by hypermail 2b29 : 08/10/00 CEST